Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Oordag" deur T.T. CLOETE
"Oordag" deur T.T. CLOETE [boodskap #22282] Do, 01 April 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
OORDAG
T T Cloete
(Driepas, 1989)

Op die hoogson middelweek het dit gebeur
jy het sonder voorwendsel by my opgedaag
waar onder die graaf en vurk die grond geur
het jy gekom en die voëltjies en insekte opgejaag

soos 'n wit slank reier sonder dat jy iets sê
- daar was in my neusvleuels 'n ryk aroma -
het ek geweet wat jy glimlaggend wou hê
sonder dat jy dit vra

daar was vonk in jou rosige hare
'n gloed in jou dun rok
jou ooglede was rose roosblare
iets in die tuin het amok

gemaak jy was onvervul en ek was vol
ons was 'n raserny
die son was op hol
'n tol 'n hygende blom vir 'n tierende by

moeiteloos en onseremonieel
soos die diere natuurlik bereid
in alle erns speelspeel
tandekners naelskraap lip en lel byt

die vulkane het 'n leeftyd trug al bedaar
tog onthou ek sedertdien
hoe in wit gloeiende sonlig vir mekaar
toeoog mens sterre sien
Vorige onderwerp: "Die Kundige Minnaar" deur SHEILA CUSSONS
Volgende onderwerp: "Klein Plengoffer" deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 05:25:28 MGT 2024